RIVERSDAL NUUSFLITS - Meer as 70 mense wat dronk in die openbaar was, is in hegtenis geneem tydens ’n misdaadvoorkomingsprojek wat van 3 tot 5 Augustus in Riversdal geloods was.
Die fokus was spesifiek op die misbruik van drank, dwelms en die wanbestuur van die All Pay staatstoelae.
Christiaan Zwiegelaar, konst. Nicolaas Olckers, konst. Sambo, konst. Kampher, konst. Johannes Olckers, en konst. Nita Olckers, onder leiding van sers. JM Spangenberg.
“Bykans 31 van hierdie individue is ontvangers van Sassatoelae, wat beteken daardie geld word in werklikheid aangewend vir die aankoop en misbruik van drank,” het Spangenberg gesê.
Hy het ’n ernstige waarskuwing uitgestuur vir diegene wat hul skuldig sou maak aan die misbruik van dié toelae.
Hierdie soort projekte gaan ’n maandelikse instelling word.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'