HEIDELBERG NUUS - Daar word dringend gesoek na die familielede van wyle Cornelius "Kerneels" Abrahams (70). Abrahams het gister (Woensdag 10 Januarie) in die hospitaal op Riversdal beswyk nadat hy Maandagoggend vir hartversaking opgeneem is.
Volgens sy dogter, Audrina "Poppie" de Villiers is haar pa oorspronklik van die Ruiterbos/Leeukloof distrik net buite Mosselbaai.
Sy noem dat sy oudste broer, Koos, hom al vroeër ontval het en dat hy nog 'n broer Tokkie en twee susters, wat sy net as tannie Mikkie en tannie Meit nog laas as kind geken het.
Abrahams het ook 'n dogter, Maria Fielies, nooiensvan Blaauw, wat haar glo iewers in Friemersheim bevind.
Enigiemand wat weet waar Abrahams se familielede opgespoor kan word, kan De Villiers by 066 440 5703, John Vaaltyn by 064 925 7348 of met die skrywer by 073 332 8992 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’