Dit kan baie gevaarlik wees om die hond self te probeer behandel en kan die skade verveelvuldig. Die veearts kan presies vasstel of die dier wel vergiftig is en wat die gepaste optrede sal wees.
Simptome
Spiersametrekkings (kan lyk of die hond/kat bewe) en oormatig spoeg.
Die hond/kat gooi op (bloeding in braaksel of stoelgang) en kan ook sukkel met asemhaling.
Die pupille bly klein selfs as daar min lig in die dier se oë skyn.
Pols/hartklop is baie stadiger as normaal (klein hondjies rondom 160 per minuut, groot honde rondom 70 per minuut).
Stuiptrekkings kan voorkom.
Die dier kan sukkel om asem te haal of snak na asem.
Minder algemeen is oormatige urinering, verswakte spierfunksie of verlamming.
Indien jou dier gif ingekry het, kan die volgende gedoen word: Maak seepwater aan (een teelepel seepppoeier op 'n koppie louwater) en gee dit vir hom/haar in sodat hy die gif uitbraak. As jy geaktiveerde houtskoolpille het, gee vir jou hond minstens vier stukke, maak dit fyn, klam met water en gee in.