HESSEQUA NUUS - Drie persone het in ’n trompop-botsing op die N2, sowat 20km buite Heidelberg, gesterf.
Die ongeluk het omstreeks 22:00, Sondag 15 Maart plaasgevind.
Die egpaar, Jurich en Glenecia Roberts van Gordonsbaai is noodlottig beseer en hul tweejarige seun is in Riversdal-hospitaal opgeneem.
Die bestuurder van die ander voertuig was Sicelo Mbekela. Hy was alleen in die voertuig.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'