HESSEQUA NUUS - Vier motoriste van die Suid-Kaap is van Vrydag 18 tot Sondag 20 Oktober vir dronkbestuur en hoë spoed vasgetrek.
'n Persoon van Swellendam is ook vasgetrek omdat hy die verkeerde nommerplate vertoon het. Die hoogste bloed-alkoholvlak waaraan 'n motoris van George hom skuldig gemaak het, was 1,15 mg/1 000 ml - vier keer meer as die toegelate vlak.
Die vinnigste spoed waarvoor motoriste vasgetrek is, was 158 km/h in 'n 100 km/h-sone by Oudtshoorn, 111 km/h in 'n 80 km/h-sone by Beaufort-Wes en 103 km/h in 'n 70 km/h-sone by Knysna.
Altesaam 13 mense het op paaie in die Wes-Kaap gesterf. Vier van hulle was voetgangers.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'