Update
HEIDELBERG NUUS - Drie mans, onderskeidelik 29, 30 en 31 is gisteraand laat (Donderdag, 9 Desember) op Albertinia in verband met die gewapende rooftog op Heidelberg in hegtenis geneem.
Volgens sers Ciska Badenhorst, Albertinia polisiekommunikasiebeampte is R4 100 kontant en vyf selfone in hul besit gevind.
'n Saak van besit van gesteelde eiendom is op Albertinia oopgemaak.
Hulle sal Maandag in Albertinia-landdroshof op dié aanklag verskyn.
Die soektog na die ander sewe rowers duur voort.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'