SLANGRIVIER NUUS - Drie mans is in twee aparte operasies deur Heidelberg-polisie in besit van dwelms betrap.
In die eerste optrede het hulle Sondagaand 26 April 'n 28-jarige man van Slangrivier in 'n Nissan-bakkie met 113 gram tik in hegtenis geneem na hulle op 'n wenk reageer het.
Tydens die tweede optrede is twee mans, ook van dié dorp op die N2 by die plaas Voorstekop betrap na hul bakkie met 'n pap wiel gaan staan het.
Die mans, albei 41 jaar oud is ook na 'n wenk in hegtenis geneem. Hulle is met Mandrax-pille en tik in hul besit gevang.
Volgens die polisie is al drie 'werkers' vir een dwelmbaas. Hulle het reeds in die hof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat tot 'n latere datum as gevolg van die Covid-19 regulasies.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'