TUINROETE DISTRIKSNUUS - Dowwe Dolla het beplan om einde 2020 haar stiletto’s op te hang en haar lollie op Gumtree te verkoop, maar antie Corona en haar niggie Nkosozana het haar koebaai-waai effe vertraag, maar Dolla sê: "Vang my nou op stage of nooit!"
Dolla vat steeds die langpad:
"Ek moes laasjaar April hierdie shows gedoen het en toe raak dit Augustus en toe raak dit einde Februarie en bietjie meer as ‘n jaar later, kan ek uiteindelik hierdie toer afhandel. Daarom noem ek dit my koebaai-waai-stop-start- toer."
Wokeness staan sterk en kunstenaars is sonder werk, Cyril se paddas is in die pot en Ace is besig om te plot, Eskom se volgende reddingspakket is 'n hamper met Blitz en charcoal, Woolies verkoop nou ratelvriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir 'n lang kuier - wat alles beteken Suid-Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef. Dinge sal moet verander, dis nou of nooit!
Wie is wat
Met Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall (op klavier)
Teks en regie: Jurgen Human
Geen onder 16 jaar, aangesien Ouma Dowe Dolla nie ‘n wag voor die mond het nie.
Foto: Robert Hamblin
Suid-kaap toer
- 28 Oktober: Swellendam Teatro on Main southerncape@everitt.co.za
- 29 & 30 Oktober: Oudtshoorn - Karusa - Quicket
- 31 Oktober: Plettenbergbaai - Mel’s Place middagete - 14:00 - Tixsa
Foto: Robert Hamblin
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'