RIVERSDAL NUUS - Die Anglican Women Fellowship vier vanjaar hul goue herdenking, met ander woorde 50 jaar van dienslewering aan die gemeenskap.
Dié diensorganisasie is in 1967 gevestig met 'n visie as welsynsuitreikingsgroep van die Anglikaanse Kerk.
Die groep bedien tans die Riversdal-gemeenskap deur middel van huis- en hospitaalbesoeke, uitreiking van kospakkies aan behoeftiges, asook MIV/Vigs-pasiënte.
Die Riversdal-tak staan as die Dorkasgroep bekend, na aanleiding van Handelinge 9. St. Andrews-gemeente het gewoonlik Woensdagoggende hul bejaarde diens en deel die Dorkasgroep sop en vetkoekies na die diens in die kerksaal uit.
Die oudste lidmaat van die groep is oud-onderwyser Rachel Robertson.
Die huidige voorsitter is Doreen Weber.
ARTIKEL & VIDEO: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'