RIVERSDAL NUUS - Max, 'n vierjarige Jack Russell-reun is onlangs met ‘n windbuks geskiet.
Die Hendricks-gesin wat in D’urbanstraat, Riversdal woon se 11-jarige dogter het met haar fiets gery en Max het saam gehardloop.
Terwyl sy haar fiets gebêre het, het die gesin Max hoor tjank. Toe Kaylah hom optel, het sy gemerk dat hy bloei.
X-straal-plate wat deur ‘n plaaslike veearts geneem is, het bevestig dat hy met ‘n windbuks geskiet is en die koeëltjie in sy hartjie vassit.
Die risiko is egter té groot om hom te opereer om die koeël te verwyder.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'