RIVERSDAL NUUS - Sandra Lotz, voorsitter van CARS (Community Animal Rescue Society) voel sterk oor die feit dat die ondersoek na die voorval waar ‘n Jack Russel wat met ‘n windbuks geskiet is, blykbaar onsuksesvol was.
“Ongelukkig faal die regstelsel die gemeenskap,” sê sy.
Max se eienaars, Ruduan en Erené Hendricks het 'n klag by die polisie gelê, maar die saak is blykbaar vinnig afgehandel en gesluit weens 'n gebrek aan voldoende bewyse, ten spyte van 'n veeartsverslag wat Max se beserings aan 'n windbukskoeël toeskryf.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'