HESSEQUA NUUS - As jy graag iemand anders wil help en selfs ‘n lewe wil help red, is die oplossing eenvoudig: Gaan skenk bloed.
Albertinianers is volgende aan die beurt en kan vandag, op 1 Junie vanaf 14:00 - 18:00 hul deel gaan doen.
Dagboek die volgende datums
• Riversdal: 10 Junie vanaf 14:00 - 18:45
• Stilbaai: 24 Junie vanaf 12:00 - 15:00
Al bogenoemde klinieke vind in daardie dorp se burgersentrum plaas.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'