STILBAAI NUUS - Vakansiegangers en inwoners van Stilbaai het gereeld na die besondere boompies in Melkboomstraat gaan kyk, want dié boompies was in die vorm van 'n hond en vis gesnoei.
Alwyn Vorster, die man wat baie ure en liefde aan dié boompies se versorging bestee, vertel dat die oorspronklike posisie van die twee Wistringia's (die soort met blou blommetjies), aan die noordekant van die huis was.
"Die boompies het moeilik gegroei en is na die suidekant van die huis uitgeplant waar dit baie beter gegroei het."
Namate die boompies gegroei het, het dit twee groot ronde balle gevorm. Met baie dink en planne maak, is die balle hervorm en takke uitgeknip om die vis te vorm. Met die tyd het van die takke egter begin doodgaan en die moeilike besluit moes geneem word om dit uit te haal.
"Dit was 'n onaangename taak om die saag teen die boomstamme te sit en 'n einde te maak aan die boompies se bestaan," vertel Vorster. "Dit was 'n vreugde om die vis in stand te kon hou en die herrinneringe is blywend."
Die boompie se takke het stadig maar seker begin uitsterf en die besluit moes geneem word om dit uit te haal.
Hier kan mens sien hoe groot die vis was wat ongeveer elke derde week gesnoei was om sy vorm te behou. Die dooie boompies is op 19 Junie deur Hessequa-munisipaliteit se werkers opgelaai om na sy laaste rusplek te gaan. Van links: Alwyn Vorster, Mervin Kiewiet, Juran Migiel en Davy Elbrink.
Jazz, die boomhond is nog daar en word ook so elke derde week gesnoei.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'