STILBAAI NUUS - 'n Naamlose boom het 'n man van dié dorp aan die kopkrap.
Jurgens Saayman van dié kusdorp vertel sy oorlede vader het die boom meer as 25 jaar gelede in sy tuin geplant.
Niemand kon egter sedertdien die boom identifiseer nie. Hierdie jaar spog die geheimsinnige boom vir die eerste keer met 'n saad of blom en hy het besluit om weer inligting te probeer kry.
Enigiemand wat hom kan help, kan hom by 082 050 0114 skakel.
Sade of 'n blom het die eerste keer hul verskyning gemaak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'