HEIDELBERG NUUS - David Smith, inwoner van Joe Slovo Park was op 10 April ernstig beseer toe die bakkie waarin hy 'n passasier was, die pad verlaat en 'n paar keer gerol het.
Smith, 'n messelaar van beroep, is verlam tydens die ongeluk wat op die R305, Stilbaaipad gebeur het toe hulle op pad huistoe was na werk.
Twee van die werkers, Henry du Toit en Ferguson Fredericks het in die hospitaal gesterf.
Smith, Victor Williams en Jonathan Vollenhoven het ernstige beserings opgedoen. Laasgenoemdes sterk tans by die huis aan, terwyl Smith by Lentegeur-hospitaal in Kaapstad aansterk.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'