HESSEQUA NUUS - 'n Mens hoor dikwels veral ouer mense praat van die 'goeie ou dae' - dae toe alles nog goedkoop en bekostigbaar was, selfs brandstof!
Hoewel salarisse destyds baie minder was as wat dit vandag is, is dit tog waar dat daar toe nie soveel armoede en werkloosheid was nie.
Hoewel niemand kan verwag om in vandag se tyd ongeveer 26c p/l vir brandstof te betaal soos wat in 1977 die geval was nie, is die buitensporige brandstofprys die afgelope maande 'n doodsteek vir motoriste en gesinne wat spook om kop bo water te hou.
Die bietjie verligting verlede maand en ook vandeesmaand se effe meer as R1 op petrol is 'n skrale troos, want die kans dat dit ooit weer onder R15 p/l sal wees, is uiters gering - en boonop bly diesel se prys styg, wat 'n uiters negatiewe invloed op veral kospryse en die ekonomie in die geheel het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'