ALBERTINIA NUUS - Sedert toeka se dae glo boere dat dit 'n goeie ding is dat 'n donkie saam met skape op kamp loop.
Suid-Kaap Forum het hieroor kopgekrap en by 'n boer, Salo Poggenpoel van die Albertinia-omgewing gaan aanklop om uit te vind hoekom dit so gedoen word.
Volgens Poggenpoel het donkies 'n sterk territoriale instink en word hulle internasionaal gebruik om skape op te pas.
"Skape en donkies is van nature sosiaal en vorm 'n hegte band met ander lede van die trop wanneer hulle saam op kamp loop, sê Poggenpoel.
"Juis vir die rede word donkies, wat se gehoor meer instinktief ingestel is vir gevaar, gebruik om skape in 'n sekere rigting te laat kyk wanneer daar moontlik 'n roofdier in die bosse skuil."
Poggenpoel sê dat die donkie sy trop teen honde, jakkalse en selfs ander roofdiere beskerm en nie eens daarvan bewus is dat hy skaapwagter speel nie.
Ai, die donkie bly darem maar 'n wonderlike ding!
Lees vorige artikel: O, die donkie...
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'