Gallery Update
HEIDELBERG NUUS - Met die lang gewag op formele behuising, is dit vir 15 begunstigdes van Heidelberg ietwat verblydend dat hulle binnekort vir hulle en hul gesinne 'n informele struktuur kan oprig.
Suid-Kaap Forum het Donderdag, 24 Junie na die erwe tussen Joe Slovo Park en Dollar Square gegaan om te sien hoe dit vorder.
Van die begunstigdes wat besig was om hul strukture op te rig, het gesê hulle moet teen begin Julie 'n struktuur staande op die perseel hê sodat die munisipaliteit hul elektrisiteitstoevoer (kragbokse) kan installeer.
Fotogalery: Heidelberg nooderwe
Attie Pietersen, een van die begunstigdes het gesê dat hy en sy verloofde op trou staan en is hulle bly om darem ook nou 'n "eie plekkie" te hê. "Dit is nou wel nie die ideale woonplek nie, maar dit is darem 'n begin," het hy in sy skik gesê.
Attie Pietersen staan in die deur van sy onvoltooide struktuur. Hy was vol vertroue dat die elektrisiteitstoevoer vandag, 2 Julie geïnstalleer sal wees. Foto: Clive Pretorius
Vorige artikel: Nooderwe kry gestalte
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'