Gallery
HEIDELBERG NUUS - Vyftien begunstigdes van Heidelberg kan binnekort vir hulle en hul gesinne ‘n informele struktuur oprig.
Suid-Kaap Forum het Donderdag, 24 Junie na die erwe tussen Joe Slovo Park en Dollar Square gegaan om te sien hoe dit vorder.
Van die begunstigdes wat besig was om hul strukture op te rig, het gesê hulle moet teen begin Julie ‘n struktuur staande op die perseel hê sodat die munisipaliteit hul elektrisiteitstoevoer (kragbokse) kan installeer.
Fotogalery: Heidelberg nooderwe
Dean Prins is besig om ’n begunstigde se vloer met beton af te werk.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'