RIVERSDAL NUUS - Die Dasse het op 21 Maart hulle jaarlikse deurnag- en tweelingdag gehou.
Die deurnag het om 20:00 begin wat uit geen slaap, baie eet en lag bestaan het.
Van die aktiwiteite wat plaasgevind het, was 'n talentkompetisie, vlugbal, noot vir noot, danskompetisie, 'n fotohoekie en Musical Chairs.
Die OOV-lede het gesorg dat die Dasse nie honger ly nie, want daar was muffins, burgers, geroosterde broodjies, soetgoed, Seri Stumpies, koffie en vele meer om die slaap te help verdryf.
Hoewel akademie Dasseland se fokuspunt bly is gelukkige, tevrede kinders, die skep van 'n aangename skoolgees en bou van hegte vriendskappe van die vele kwaliteite wat Langenhoven sy leerders bied.
Van die aktiwiteite wat plaasgevind het, was 'n talentkompetisie, vlugbal, noot vir noot, danskompetisie, 'n fotohoekie en Musical Chairs.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'