RIVERSDAL NUUSFLITS - Een van die besigste paaie in Riversdal, Hiedelbergweg is steeds gesluit, maar volgens die Hessequa-munisipaliteit behoort dit weer volgende week oop gestel word.
Volgens die munisipaliteit moet daar weens weersomstandighede en reën wat die pad beskadig het, standaard onderhoud op die pad gedoen word.
Hulle vra omverskoning vir die vertraging en enige ongerief en bedank die gemeenskap vir hulle geduld.
Heidelbergweg is weens padwerke tydelik gesluit.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'