HESSEQUA NUUS - Die gr. R-klasse het op 3 November 'n geslaagde debutantebal gehou. Die opvoeders, leerders en ouers het hard gewerk om 'n sukses daarvan te maak. Die tema was 'Disney' en die leerders het omtrent opgetooi om soos hul gunsteling karakter te vertoon.
Die meeste meisies het verkies om 'n prinses te wees, terwyl die seuns soos Batman, Spiderman, 'n seerower of prins opgedaag het.
Die aand is met 'n dans en musiek, wat deur 'n bekende orkes van Riversdal verskaf is, afgesluit. Die opvoeders bedank al die borge, ouers en leerders vir die suksesvolle aand.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'