STILBAAI NUUS - Rebecca Johnson se geestelike dans-groepie van Kwanokuthula in Riversdal doen dit weer by die Brugmark in Stilbaai.
Agt maande na hulle vorige vertoning was hulle Saterdag 27 Mei weer by die Brugmark en het hulle een en almal betower met hulle pragtige danspassies.
Hierdie groep het voorwaar in statuur gegroei en duidelik is Rebecca hier met 'n wenresep besig.
Sy kon nie meer anderpad kyk as straatkinders doelloos en honger in die strate rondloop nie en het daarom die dansgroepie begin asook 'n voedingskema in Kwanokuthula.
Met die geestelike dansgroep kry sy hulle nie net van die strate af nie, maar sy slaag ook daarin om hulle weer 'n doel in die lewe te gee en hul waardigheid herstel.
As daar enigiemand met 'n oop hand is wat wil help, kan jy gerus vir Rebecca kontak by 063 765 0191.
Rebecca Johnson se geestelike dansgroepie gaan deur hulle passies.
Dis hoe jy jou Saterdagoggend by die Brugmark in Stilbaai verwyl.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’