STILBAAI NUUS - Net drie Wes-Kaapse dansgroepe kon tydens die George-uitdunne van die Dans in jou Taal-TV-kompetisie op 15 Julie na die eindronde deurdring en Anwyn's Acro Dance Academy van Stilbaai se talentvolle groep is een van hulle.
Die kombinasie van die talentvolle kinders se harde werk saam met gemeenskapsondersteuning het soete vrugte afgewerp.
In die ope afdeling het die groep op grond van beoordelaarskeuse deurgegaan, terwyl stemme van die gehoor hul plek in die akro-afdeling verseker het.
Volgens hul afrigter, Anwyn Potgieter, het die beoordelaars geen negatiewe kommentaar vir die groep gehad nie en hul choreografie en professionele optrede het heelwat lof ontvang. Na ’n kort ruskans is dit weer terug in die oefenroetine.
Die eindronde word die naweek van 30 Augustus in Pretoria gehou.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'