HESSEQUA NUUS - Hoewel geen reën die afgelope week in die Korentepoortdam in die Hessequa-streek se opvanggebied gemeet is nie, is dit steeds vol.
Al die ander damme in die streek is ook vol, met uitsondering van die Olive Grovedam in Stilbaai.
Dié dam het wel met 1% sedert verlede week gestyg.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'