HESSEQUA NUUS - Die reënseisoen is goed op dreef en gedurende die afgelope week het dit weereens plek-plek lekker gereën.
In die Korentepoortdam in die Hessequa-streek se opvanggebied is 17mm reën vir die week gemeet.
Al die damme in die streek is steeds vol, met die uitsondering van die Olive Grovedam in Stilbaai.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'