HESSEQUA NUUS - As jy graag iemand anders wil help en selfs ‘n lewe wil help red, is die oplossing eenvoudig: Gaan skenk bloed.
Heidelberg kan sommer vandag reeds na die burgersentrum gaan om hul deel te doen, enige tyd tussen 12:00 - 17:30.
Inwoners van Albertinia kan môre (27 Julie) tussen 14:00 – 18:00 by die gemeenskapsaal gaan bloed skenk en Riversdallers se beurt is op 5 Augustus vanaf 14:00 – 18:30 in die Thusong-sentrum.
Stilbaai is nie vergete nie en kan op 19 Augustus vanaf 2:00 – 15:00 in die gemeenskapsaal hul deeltjie bydra.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'