HESSEQUA NUUS - Denis Joseph, die DA se parlementslid vir Hessequa, sê die party het in verlede week se verkiesing die ANC ore aangesit, maar nou moet daar gewerk word - veral om werk te skep.
Die DA het die ANC met 2 463 stemme geklop en ses uit die nege wyke gewen.
Die DA het 11 610 stemme gewerf teenoor die ANC se 8 747 en die VF+ se 1170.
Volgens Joseph is dit ’n stewige platform vir die 2021 plaaslike verkiesing. Die grootste uitdaging is om werk te skep deur die boubedryf te stimuleer.
Die langtermyndoelwit is om die streek onafhanklik te maak van elektrisiteitsvoorsiener Eskom.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'