RIVERSDAL NUUS - Al die takke van die Demokratiese Alliansie, Hessequa-kiesafdeling het op 18 Julie hul deel vir Mandeladag gedoen.
Wyk 1 het 'n rolstoeloprit in Melkhoutfontein gebou, wyke 2 en 7 het huise geverf, wyk 6 en 8 het vullis opgetel en bome by die speelparkie langs die Sassa-kantore aangeplant.
Wyke 4, 5 en 9 het sopkombuise gehou.
Voorsitter van wyk 6, Louw Saayman en Sandile Booysen, ondervoorsitter van die Hessequa-kiesafdeling, besig om bome te plant saam met lede van die tak.
Rdl Margaret Jakobs en Louise Mouton-Botha (veldbystandbeampte, Hessequa-kiesafdeling) in wyk 8 na afloop van 'n skoonmaakaksie.
Grant Riddles, Hessequa uitvoerende burgemeester, saam met lede van wyk 2 op Albertinia by een van die huise wat hul geverf het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'