Die kerksaal van die NG Riversdal-Wes gemeente was Woensdagoggend, 6 Augustus vol van belangstellendes wat aangesit het by die pragtig versierde tafels.
Die plaaslike dames van Kansa het lootjies uitgeloot van 'n kwilt en die fondse wat hierdeur geïn is, is ten bate van Irma Buschi Interimhuis. Die sorgbestuurder van die Interimhuis, sr Tersia Fourie, het haar grootste waardering uitgespreek vir die welkome skenking.
Sy het ook vir diegene wat nie die geskiedenis van die Interimhuis weet nie, bietjie agtergrond gegee.
"Dit is destyds deur Irma Buschi aangekoop vir haar man wat daardie tyd baie siek was en sy versorging in die huis ontvang het.
Mettertyd het die huis al hoe meer kankerpasiënte begin huisves wat geen heenkome het as hul na George moet reis vir chemoterapie nie. Vandag is ek trots om te sê dat almal se leuse by die huis is - Leef vandag!"
Volgens haar is daar baie inwoners wat nie hul verblyf en etes kan betaal nie en dis waarvoor hul ten volle staatmaak op skenkings.
Van links is Anina Meiring (gemeenskapsmobiliseerder van area vir Kansa), Marietjie Streicher (stigterslid van die plaaslike Kansa-tak twintig jaar terug), Yandi Ndiwa en sr Tersia Fourie van Irma Bruschi Interimhuis, Esthêr Barnard en Ralie Myburg van plaaslike Kansa-tak.
ARTIKEL EN FOTO'S: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'