ALBERTINIA NUUS - Gerswin Cupido, 'n boorling van Albertinia wat projek-organiseerder by die SBA (Stigting vir die bemagtiging van Afrikaans) in Kaapstad is, is pas aangestel om op die SA Akademie se Taalkomissie raad te dien.
Die missie en algemene doelstellings van die akademie is die bevordering van die wetenskap, tegnologie en die literatuur in Afrikaans en die kunste, asook die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans.
Die akademie is op 2 Julie 1909 gestig en het oor die jare bekend geword weens die gereelde toekenning van literêre pryse.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'