ALBERTINIA NUUSFLITS - Samuel Crowley is as die nuwe hoof van Hoërskool Albertinia aangestel en het met aanvang van die nuwe kwartaal sy dienste begin.
Hy word hoog aangeslaan oor sy gemeenskapsbetrokkenheid.
Crowley het die skoolregisters dopgehou en wanneer ’n leerder langer as twee dae afwesig was, het hyself ondersoek by hulle huise gaan instel. Op die manier het ‘stokkiesdraai’ verminder.
Die beskeie man is ’n Jazz liefhebber en ’n gereelde besoeker aan die KKNK, waar hy graag aan debatte deelneem en musiek luister.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinita, Hessequa nuus'