STILBAAI NUUS - Stilbaai se jaarlikse Christmas in July is weer hierdie week in volle swang, hoewel dit weens die pandemie bietjie anders as vorige jare gedoen word.
Volgens toerismebeampte Annerise Wolmarans gaan Kersvader beslis sy verskyning maak ten spyte daarvan dat die straatmark afgestel is, al is dit net om Vrydagaand schwarmas te help aflewer.
Die besigheid met die mooiste versierings kan ‘n prys wen en foto’s moet na johannievermeulen@msn.com gestuur word, of per whatsapp na 083 333 1810.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'