STILBAAI NUUS - Terwyl haar maatjies nog met hul poppe speel, is die 7-jarige Charlotte du Bruyn flink besig om 'n eierbesigheid op te bou.
Die besigheid is nog maar in sy kinderskoene, maar dit lewer al 'n gesonde hoeveelheid eiers op wat sy aan 'n plaaslike winkel in Stilbaai verkoop.
Die uitbreking van voëlgriep het die landwye prys van eiers drasties laat opskiet en daar is gereeld 'n tekort aan eiers.
Soos haar besigheid groei en haar hoenders al meer eiers lê, kan die klein entrepeneur help om dié tekort aan te vul.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’