Update
HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-polisie het op Dinsdag, 4 Mei in die vroeë oggendure op 'n vermeende dwelmhandelaar in Dollar Square toegesak.
Tydens die operasie is 'n 26-jarige man van Lesotho in hegtenis geneem na beslag op dwelms gelê is.
Volgens die polisie is inligting aan hulle verskaf dat die buitelander dwelms glo veel goedkoper te koop aanbied as ander dwelmsmouse. Die C-skoflede, onder leiding van ao Jaco Louwrens wat ook op vorige kere suksesvol op dwelmsmouse toegeslaan het, het 'n lasbrief verkry en die huis gevisenteer.
Die polisie het op 'n babaseun afgekom en die dwelms in sy doek gevind. Daar is 75 tikstrooitjies, twee volle mandraxpille, asook vier halwe en vier kwart mandraxpille in die babadoek gekry. Hulle het ook beslag op kontant gelê.
Die man is na 'n vlugtige verskyning in die hof vrygelaat en sal op 'n latere datum in die hof verskyn na die uitslae van die labotoriumtoetse beskikbaar is.
Die tikstrooitjies en mandraxpille wat gekonfiskeer is.
Vorige artikel: Dwelmhandelaar in hegtenis geneem
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'