HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie het op Woensdag, 8 September vir die tweede keer binne die afgelope maand op nog 'n vermeende dwelmhandelaar in Dollar Square toegesak en beslag gelê op 42 strooitjies tik asook 'n aantal leë strooitjies.
Dié keer was dit die C-skof-lede onder leiding van ao. Jaco Louwrens wat na 'n wenk op die perseel toegesak het en op dwelms met 'n straatwaarde van R1 800 afgekom het.
'n 26-jarige man is in hegtenis geneem en Vrydag na 'n vlugtige hofverskyning vrygelaat.
Dieselfde aand het die skoflede op nog 'n perseel in Dollar Square toegeslaan en beslag gelê op bier ter waarde van R 1 560. Die beskuldigde (48) het reeds in die hof verskyn, maar die saak is uitgestel.
Swellendam
Op Swellendam het die polisie na wenke oor onwettige drankverkope op sowat 1 200 liter drank in twee afsondelike klopjagte beslag gelê.
Ao. Jaco Louwrens, skof-C bevelvoerder tweede van regs, omring deur sy spanlede konst. JJ Paige, sers. Vuyo Vryman, konst. PJ Gordon, konst. Keano Fredericks en sers. Tercia Hoogbaard.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'