Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Buurtwaglid op Riversdal is Maandagoggend, 27 Julie tydens 'n beweerde huisbraak beseer.
Konstabel Venia Daries, Riversdal-polisie se kommunikasiebeampte sê 'n groep buurtwaglede het omstreeks 07:40 inligting oor 'n persoon wat na bewering besig was om in Bauhimiastraat in te breek, opgevolg.
"Die verdagte het by 'n erf ingehardloop en die buurtwaglid het hom genader. Hy is met 'n skerp voorwerp aangeval voor die verdagte in hegtenis geneem is." Hy het nie hospitalisering nodig gehad nie.
Die verdagte het volgens Daries op Dinsdag, 28 Julie in die hof op Riversdal verskyn.
Vorige artikel: Riversdal buurtwaglid beseer
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'