RIVERSDAL NUUS - Een van Riversdal se buurtwaglede is Maandagoggend, 27 Julie in die uitvoering van sy plig beseer.
Volgens konstabel Venia Daries (kommunikasiebeampte Riversdal-polisie) het die lid omstreeks 07:40 ‘n verdagte in ‘n beweerde inbraak in ‘n erf vasgekeer.
Die verdagte het hom met ‘n skerp voorwerp aangeval.
Die verdagte is na die voorval inhegtenis geneem.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'