RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike AfriForum-buurtwag het op 26 April opleiding in die regsaspekte van veiligheidstoepassing ontvang.
Altesaam 42 gemeenskapslede het dié opleidingsessie bygewoon, wat deur Thomas van Dalen, AfriForum se opleidingsbestuurder by gemeenskapsveiligheid, aangebied is.
"Ons moedig gemeenskappe aan om proaktief te wees en by veiligheidstrukture soos AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke te raak," sê Deon de Jager, distrikskoördineerder vir die Wes-Kaap.
Volgens Van Dalen fokus AfriForum tans sterk op gemeenskapsveiligheid. "Dit is vir ons belangrik dat gemeenskappe opgelei word om hulle in staat te stel om hulself te beveilig." Raak vandag nog by hul buurt- en plaaswagte betrokke: SMS 'Veiligheid' na 45351.
IN SHORT
Training of the legal issues in safety application was held on 26 April in Riversdale. 42 People attended the training session, held by Thomas van Dalen, Training Manager: Community Safety. He asked the community to join AfriForum to be involved. SMS 'Safety' to 45351.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'