RIVERSDAL NUUS - AfriForum se Riversdal-buurtwag het op Saterdag, 12 Maart in verskeie operasies hulp aan die polisie verleen, waartydens ’n aantal verdagtes in hegtenis geneem is.
Die buurtwaglede het die polisie in ’n uitgebreide soektog na ‘n verdagte bygestaan. Die soektog is omstreeks 16:25 afgelas nadat die verdagte uiteindelik vasgetrek is.
Die aand het die buurtwag in samewerking met die polisie en korrektiewe dienste aan ’n operasie in Melkhoutfontein, Albertinia en Riversdal deelgeneem.
Verskeie arrestasies is in Albertinia en Melkhoutfontein gemaak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'