HESSEQUA NUUS - AfriForum se buurtwag het op 19 Oktober aan 'n massapatrollie in hul onderskeie gebiede deelgeneem.
Dit is in samewerking met die polisie gehou en hulle het verskeie aksies deur die loop van die nag geloods om Hessequa 'n veiliger plek te maak.
Altesaam 85 patrolleerders het bykans 1 407 km met 52 voertuie in 184 man-ure afgelê. Geen ernstige misdaadvoorvalle is aangemeld nie. Die polisiëringsigbaarheidspatrollie het omstreeks 16:00 begin tot 06:00.
"Ons sal deurlopend soortgelyke projekte en gereelde patrollies, in samewerking met die polisie en ander veiligheidsinstellings aanpak om misdaad hok te slaan," sê Johandré van Zyl, AfriForum se streekshoof vir gemeenskapsveiligheid in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap.
Arno Greyling, distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap voeg by dat die Hessequa-tak 'n besonderse fokus op veiligheid het en in dié opsig van krag tot krag sal gaan. Raak by hulle betrokke en help om jou gemeenskap te beveilig.
SMS 'Veilig' na 45342 @ R1.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'