Update
STILBAAI NUUS - Die bushalte voor Steyns Hardeware, wat behoorlik 'n seeroog was en waaroor Suid-Kaap Forum in die uitgawe van 23 November berig het, is intussen opgeknap.
Hessequa-munisipaliteit het die afgeleefde en verweerde grasdakkie met sink vervang en die huurder van die bushalte, Aida Eiendomme het die gebou pragtig herstel en geverf.
Die bushaltes word deur die munisipaliteit aan besighede verhuur vir 'n tydperk van vyf jaar teen geen koste nie, op voorwaarde dat die bushalte onderhou moet word.
Die toekenning daarvan word by wyse van 'n lotingsproses gedoen.
So 'n besigheid mag dan sy advertensie op die geboutjie aanbring.
...en daarna.
Lees vorige artikels:
• Bushalte gaan herstel word
• Opvolg: Vrae oor duur bushalte
• Vrae oor duur bushalte
ARTIKEL & FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'