RIVERSDAL NUUS - Riversdal-polisie se reserviste en buurtwagte in sektor 1 se jaareindfunksie het Vrydag, 6 November plaasgevind.
Tydens die geleentheid het adjudant-offisier Hans Busch die leisels as koördineerder amptelik aan konstabel Garnet Damans oorhandig.
“My wens is dat die lede altyd respek vir mekaar moet hê en met mekaar moet kommunikeer,” het hy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'