STILBAAI NUUS - Met die goeie reën wat die afgelope tyd in die streek geval het, is die laagwaterbrug op die Klipfontein/Melkhoutkraal-pad wat vanaf die R305 afdraai, gereeld onder water.
Volgens 'n inwoner wat daagliks van die pad moet gebruik maak, is dit 'n gevaarlike situasie omdat motoriste moet raai waar die pad is.
"Die sementpaaltjies wat geruime tyd gelede afgebreek is, is steeds nie herstel nie, so mens neem maar 'n kans om oor te steek."
By navraag het Eden-distriksmunisipaliteit se uitvoerende bestuurder: paaie, Hans Ottervanger, bevestig dat die oortreder nie aangekeer is nie en dat beoog word om die stukkende paaltjies gedurende hierdie maand (Oktober) te herstel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'