STILBAAI NUUSFLITS - Die Harcourts Hessequa Heritage Festival wat vir die tweede agtereenvolgende jaar op Stilbaai aangebied word, vind Saterdag 22 September plaas.
Dit sal uit twee draf- of staproetes bestaan met die Brood- en beskuitfees wat by die eindpunt by Stilbaai Toerismeburo aangebied word.
Heerlike kos soos vetkoek, pannekoek, stokbrood, asook snuisterye sal by die fees te koop wees. Baie pret vir die kinders met musiek deur Stilbaai se boereorkes sal tot die atmosfeer bydra.
Die Eureka Mills-Beskuitkompetisie vind weer plaas en die omgewing se beste bakster óf bakker kan groot pryse wen.
Vir meer inligting oor die kompetisie en die fees, skakel Johannie Vermeulen by 083 333 1810 en vir Elza Thiart-Botes by 082 458 8517. Gaan na www.mystilbaai.co.za vir inligting oor die draf- of staproetes.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'