Gallery Video
RIVERSDAL NUUS & VIDEO - Die oudskolier van die Hoër Landbouskool Oakdale en lid van die Britse en Ierse Leeus, CJ Stander, het op 2 Augustus by sy alma mater besoek afgelê.
Tydens sy besoek was hy betrokke by die verdedigingsafrigting van die eerste rugbyspan. Marko Botha, oudskolier en befaamde joernalis, was die aanbieder tydens die Oakdale Bul-en-Grill-aand.
In sy 'ateljee' het hy oudleerders CJ Stander en JC Janse van Rensburg wat vir die Stormers uitdraf, lekker aan die gesels gehad. Steyn de Wet, ook 'n oudskolier, het gaste met sy musiektalent vermaak.
Ongeveer 200 ouers, oudskoliere en vriende het hierdie geleentheid in die skoolsaal bygewoon. In gesprek met die Oakdalers kon Stander sy emosies moeilik beheer toe hy praat van die invloed wat Oakdale op sy lewe en prestasies gehad het.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'