HESSEQUA NUUS - Op versoek van Agri Wes-Kaap het die Wes-Kaap se minister van plaaslike regering, Anton Bredell die brandseisoen met ‘n maand vervroeg.
Met die Hessequa-streek ingesluit is die Tuinroete-distriksmunisipaliteit se brandweerhoof, Johan Brand en sy span sedert Sondag, 1 November op gereedheidsgrondslag om veral boere se oeste te beskerm teen wegholbrande se verwoesting.
Met die vervroeging van die brandseisoen is daar ook ‘n verbod op die uitreiking van permitte om beheerde brande uit te voer, geplaas.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'