HESSEQUA NUUS - 'n Veldbrand het Saterdagmiddag 9 November vir 'n tyd lank die sluiting van die N2 in albei rigtings genoodsaak. Die brand het in die omgewing van Albertinia gewoed.
Die veldbrand het na naburige plase versprei en het gisteraand nog steeds voort gewoed omdat dit deur die stormsterk wind aangeblaas is.
Die pad is egter oop vir verkeer.
Vanoggend is die veldbrand op plase by Soutvlei naby Albertinia en is nog nie geblus nie maar is hanteerbaar. Eden brandweer is op die toneel.
'n Voorbrand word gemaak om te verhoed dat die vuur weer oor die N2 spring.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'