MOSSELBAAI NUUS - Een baan van die N2 by Mosselbaai (rigting Kaapstad) is steeds vir verkeer gesluit nadat 'n veldbrand vroeër vanmiddag ontstaan het.
Nooddienste is steeds op die toneel waar brandpunte geblus word.
Na raming sal opruimingswerk nog 'n geruime tydjie duur.
Mosselbaai se brand en rampbestuursdienste gebruik tans 'n viertrekbrandweerwa om die smeulende dele in 'n terkerwordende wind te blus.
Personeel van die provinsiale verkeersdienste is ook op die toneel om bystand te verleen.
Mosselbaai se brand en rampbestuursdienste gebruik 'n viertrekbrandweerwa om die smeulende dele te blus.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'