STILBAAI NUUS - Die brand wat Woensdagoggend in die omgewing van Skerpkoppies op die Stilbaaipad (R305) buite beheer geraak het, is onder beheer gebring.
Die beheerde brand het weens ‘n sterk wind versprei. “Eden en Hessequa se brandweer was gou op die toneel en is bygestaan deur Werk met Vuur en die South Cape Fire Protection Agency (SCFPA,” het Allyson Bryant, voorsitter van Stilbaai se landelike sub-polisiëringsforum gesê.
Die brand is met behulp van ’n brandweer-helikopter onder beheer gebring.
“Sowat ’n vierkante kilometer veld het gebrand, maar geen mense, diere of strukture het skade gely nie.”
Die helikopter en vastevlerk-vliegtuig wat die brand uit die lug gemonitor het, het reeds teen 15:00 onttrek.
Grondspanne is steeds op die toneel om te verseker dat die vlamme nie weer opvlam nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'